DieWolf on November 20th, 2008

Pink Floyd - Green is the Colour

Tags: ,

DieWolf on November 18th, 2008

Motorreuse wankel

Uhm, wat van die “motorbase” verkoop die huis, strandhuis, tweede strandhuis, derde strandhuis, vloot luukse motors, helikopter, ander helikopter, vliegtuig, ander vliegtuig en die ander vliegtuig, seiljag, die ander seiljag, ensovoorts. Natuurlik vir ‘n appel en ‘n ei. Net soos wat die “gewone” ou afskaal en pandjieswinkel toe gaan.

DieWolf on November 6th, 2008

Led Zeppelin - Stairway to Heaven

There’s a lady who’s sure all that glitters is gold
And she’s buying a stairway to heaven
(And) when she gets there she knows if the stores are all closed
With a word she can get what she came for

Ooh ooh ooh…ooh…ooh ooh ooh
And she’s buying a stairway to heaven

There’s a sign on the wall but she wants to be sure
‘Cause you know sometimes words have two meanings
In the tree by the brook there’s a songbird who sings
Sometimes all of our thoughts are misgiven

Oooh…It makes me wonder
Oooh…It makes me wonder

There’s a feeling I get when I look to the west
And my spirit is crying for leaving
In my thoughts I have seen rings of smoke through the trees
And the voices of those who stand looking

Oooh…It makes me wonder
Oooh…And it makes me wonder

And it’s whispered that soon, if we all called the tune
Then the piper will lead us to reason
And a new day will dawn for those who stand long
And the forest will echo with laughter

Woe woe woe woe woe oh
If there’s a bustle in your hedgerow
Don’t be alarmed now
It’s just a spring clean for the May Queen
Yes there are two paths you can go by
but in the long run
There’s still time to change the road you’re on

And it makes me wonder…ohhh ooh woe

Your head is humming and it won’t go — in case you don´t know
The piper’s calling you to join him
Dear lady can you hear the wind blow and did you know
Your stairway lies on the whispering wind

And as we wind on down the road
Our shadows taller than our souls
There walks a lady we all know
Who shines white light and wants to show
How everything still turns to gold
And if you listen very hard
The tune will come to you at last
When all are one and one is all, yeah
To be a rock and not to roll
Ooooooooooooh

And she’s buying a stairway to heaven

Tags: ,

DieWolf on November 5th, 2008

Mense wat die munisipale regulasies oor vuurwerk verontagsaam, kan hul op Guy Fawkes-dag op 5 November dalk in die lang arm van die gereg vasloop.

Só waarsku raadslid Tim Sargeant, omgewingswoordvoerder van die Johannesburgse metroraad.

“Alle inwoners moet betyds kennis neem. Soos met alle munisipale regulasies gaan die metropolisie baie streng optree en kan oortreders groot boetes verwag.”

Mense wat dié geleentheid met ’n geknal wil vier, moet weet wat die munisipale regulasies vereis.

“Daar is slegs 11 dae waarop inwoners dit wettig mag doen, mits hulle betyds aansoek doen om vuurwerk te skiet.”

Volgens hom moet mense 14 dae voor die geleentheid by die metroraad aansoek doen om vuurwerk te skiet.

“Inwoners moet seker maak wat die regulasies alles bepaal en wie teenwoordig moet wees. Onkunde is geen verskoning nie.”

As mense op dié dae soos Guy Fawkes op ander tye behalwe die vasgestelde tye tussen 19:00 en 22:00 vuurwerk skiet, kan hul ’n boete van R500 verwag.

Tim sê die munisipale regulasies verbied vuurwerk naby skole, ouetehuise, openbare plekke, hospitale, in geboue of binne 500 m vanaf ’n brandstofdepot, vulstasie of fabriek waar plofstowwe vervaardig of gestoor word. Mense wat dit op dié plekke skiet, kan met R1 500 beboet word.

Mense wat vuurwerk gebruik waar diere of minderjarige kinders sonder toesig teenwoordig is, kan ’n boete van R1 000 verwag.

Mense in woongebiede mag op 31 Desember tussen 23:00 en 01:00 en op 1 Januarie tussen 19:00 en 22:00 vuurwerk skiet.

Christine Kuch, die woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging, sê die regulasies help wel jaarliks om troeteldiere te beskerm, maar eienaars moet steeds verantwoordelikheid vir hul diere se veiligheid aanvaar.

Sy waarsku inwoners om nie vir hul diere medikasie te gee wat vir mense bedoel is nie.

“Dit mag dalk werk, maar dit kan baie slegte gevolge inhou. Neem jou diere eerder na ’n veearts toe.”

Beeld.com

Tags: , ,

DieWolf on November 3rd, 2008

Foto na Dans of FND is ‘n Afrikaanse Suid-Afrikaanse musiekgroep wat gevorm is nadat vyf ouens dit gestig het slegs omdat hulle gevoel het hulle ‘n behoefte het om musiek te maak. Dit het die groep omtrent sewe jaar geneem om lede vir die groep te vind wat na hul sin die regte kombinasie sou wees. Ál die lede was voorheen by verskeie projekte en musiekpogings betrokke, maar was ontevrede of leeggelaat voordat hulle by Foto na Dans aangesluit het.

Die groep word deur groepe soos Muse, Bloc Party, Springbok Nude Girls en Incubus geïnspireer, maar erken dat hul musiek selde ten volle met enige musiekstyl vergelyk kan word.

Foto na Dans is ‘n projek wat streef daarna om die genot wat hulle uit musikale sintese put met almal wat belang stel te deel. Hulle noem hulself “‘n Kulturele, musikale/multi-media reis wat oop is vir jou” en meld dat hulle ‘n konsekwente visie het wat lui: “‘n magdom klanke/visuele as simbool van ons gevoelens/idees/gedagtes”.

Die groep se debuutvideo, Huiwerig, het binne ‘n paar weke die A-lys op MK89 gehaal. Nadat hul kortspeler in Januarie uitgereik is, het Foto na Dans se optredes begin opslae maak. Die video van Soldaatvolk was drie weke agtereenvolgens nommer een op MK89 se Top-tien. Wikipedia

Tags: , , ,

DieWolf on October 31st, 2008
Fucked-up verpleegster

Fucked-up verpleegster

Eintlik bedoel ek bakhand sonder ‘n mediese fonds, want as jy kan staan is jy nog oraait.

Daar is letterlik miljoene mense wat geensins ‘n bydrae tot ‘n mediese fonds kan bekostig nie. Hulle totale maandelikse inkomste is minder as die bydrae, of as hulle aansluit, het hulle 30 sent oor om kos te koop vir die maand. Hulle is oorgelaat aan die gesondheidsdientse wat die Staat verskaf sonder ‘n keuse.

Dan is daar mense wat ‘n keuse het, maar hulle verkies om ‘n hoër lewensstandaard te handhaaf i.p.v. om by te dra sodat hulle private gesondheidsorg kan bekostig.

Dan vlieg die papaja deur die waaier en spat die hele wêreld vol. Hy of sy was in ‘n motorongeluk, of het een of ander dodelik ernstige siekte opgedoen of moet ‘n operasie ondergaan. Skielik wil hulle na ‘n privaat hospitaal gaan, en raai wie moet opdok vir die rekening van honderde duisende rande? Hulle familie, vriende, kennise, vriende se vriende se vriende en sommer van die algemene publiek word verwag om by te dra tot die rekening van die private hospitaal, want almal “weet mos die staatshospitale is ‘n totale gemors.”

Dit is reg. Jy self wat nou daar lê op die vloer in die staatshospitaal met jou organe in die bloedplas langs jou, het ook geweet die staatshospitale is ‘n gemors. Jy het wel ‘n keuse gehad, maar jy het gekies dat jy eerder ‘n duurder kar wil koop, meer op vakansie wil gaan en in ‘n groter townhouse wil bly as om by te dra tot ‘n mediese fonds. Maar nou is jy siek en nou kort jy baie geld. Dit help net mooi niks ek dra ‘n R2-muntstuk by nie, want soos jy ook agtergekom het, private mediese sorg is flippen duur. Nou praat jy van honderde duisende rande nadat jy jou kar op die pad gerol het en die kar aan die brand geslaan het.

Daardie “kontant-per-dag-in-die-hospitaal-plan” wat jy vir ‘n paar rand per maand uitgeneem het help nie veel nie, want die neurochirurg is vrek duur nadat die pyl van jou tuisgemaakte kruisboog jou in die kop getref het.

Alles is duur deesdae. As jy die keuse het om voorsorg te tref vir private gesondheidsorg, besluit wat jy wil doen, en as jy die Staat se sorg kies, hou by jou keuse. Moenie na die tyd kom en ander mense se emosies uitbuit omdat jy, toe jy nog gesond was, kak keuses gemaak het nie.

DieWolf on October 31st, 2008

Dis amper naweek, en dit is tyd vir braai.

Braai vinnig

Tags: ,

DieWolf on October 30th, 2008
Vliegtuig

Vliegtuig

Chris Hewitt, om wie se kop die herrie losgebars het oor die beweerde seksvideo waarin die Bokafrigter glo verskyn, het gister die 25ste slagoffer van vliegtuigongelukke dié maand geword.

Hewitt (24) se naam is deur die polisie stilgehou, maar sy ma, mev. Beverley Hewitt, het sy dood gister by navraag bevestig.

“Vlieg was sy passie. Hy het vandeesmaand met lesse begin en het nog net sowat agt en ’n half uur ondervinding gehad.”

Die BLO het gister, voor die nuutste ongeluk, in ’n verklaring gesê die enigste ding wat die ongekende aantal noodlottige vliegongelukke in Oktober gemeen het, is dat die vlieëniers nie baie ervare was nie.

Dit is nie dat daar die afgelope jaar soveel meer ongelukke as vorige jare was nie, maar meer het in een maand (Oktober) gebeur, terwyl dit voorheen deur die jaar versprei was.

In die ooreenstemmende maand verlede jaar was daar agt ongelukke, waarin een mens dood is.

“Die BLO het met ernstige kommer kennis geneem van die afgelope maand se ongelukke wat die hele land geskok het,” lui die verklaring.

“Regulasies en riglyne word gedurig aangepas om bepaalde probleemgebiede te takel,” het kapt. Colin Jordaan, kommissaris van die BLO, gesê.

Tags: ,

DieWolf on October 29th, 2008

Mnr. Fish Mahlalela, die LUR van gesondheid, het gesê ‘n swanger vrou sou “op die vloer gekraam het” as dit werklik ‘n noodgeval was.

Mahlalela se stelling volg nadat die DA Dinsdag tydens ‘n sitting navraag gedoen het oor die ondersoek van die departement nadat mev. Sina Minnie (21) van Middelburg, Mpumalanga in Julie vanjaar van een hospitaal na die ander moes jaag om te kraam.

“As dit werklik ‘n noodgeval was, sou die vrou op die vloer gekraam het,” het Mahlalela gesê.

Hierna het ‘n gelag in die wetgewer losgebars.

Mahlalela is die LUR van gesondheid, en dit lyk nie asof hy juis ‘n bloue duit omgee wat met die hospitale aan die gang is nie.

En die gelag wat in die wetgewer losgebars het? Wat is die grap? Of was Mahlalela aangetrek soos ‘n hanswors?

Tags: , ,

DieWolf on October 29th, 2008
Rednex

Rednex

Rednex is ‘n Sweedse “techno-country” popgroep. Van hulle bekende liedjies is “Cotton Eye Joe” en “Wish You Were Here”.

Self is ek nie juis ‘n aanhanger van Rednex nie, ek is eerder ‘n harde rock en heavy metal fan.

Indien jy wel ‘n aanhanger van Rednex is, en jy het BAIE geld wat rondlê, hoef jy nie net al die CD’s en DVD’s van Rednex te koop nie, jy kan sommer die hele popgroep koop!

Rednex

Rednex

Rednex is sedert 2007 te koop, en die huidige minimum bod is $1,9 miljoen.

Wat kry die koper alles?

Die groep, die musiek, handelsmerk, platekontrakte, webwerf, opnamevrystellings, planne, kontakte, kontrakte, stilering, die katalogus met al die vorige treffers en opnames en natuurlik al die toekomstige moontlikhede.

Jy kry dus ‘n suksesvolle popgroep met dosyne internasionale toptien en nommer-een treffers in meer as vyftien lande. Indien jy van ‘n koper weet en die transaksie word beklink, kan jy vir jouself $25000 maak.

Dit kan nogal pret wees om jou eie popgroep te besit, en dan is daar natuurlik die sakegeleentheid ook. Iemand met ‘n skatryk pappie?

Rednex for sale.

Tags: , ,